Die Verhaal Van Die Griekse Taal Oor 35 Eeue Heen

Vir die eerste keer in Afrikaans (die jongste Westerse taal wat in die afgelope eeu reeds sy eie unieke letterkunde geskep het) word die verhaal van Grieks vertel, die oudste Westerse taal waarin feitlik al die bekende literere genres hul weergalose vorm en gestalte gekry het. Hoewel hierdie publika...

Descripción completa

Detalles Bibliográficos
Autor principal: van Wyk Kruger, Gerrit (-)
Formato: Libro electrónico
Idioma:Africano
Publicado: Stellenbosch : African Sun Media 2017.
Edición:1st ed
Materias:
Ver en Biblioteca Universitat Ramon Llull:https://discovery.url.edu/permalink/34CSUC_URL/1im36ta/alma991009652832706719
Descripción
Sumario:Vir die eerste keer in Afrikaans (die jongste Westerse taal wat in die afgelope eeu reeds sy eie unieke letterkunde geskep het) word die verhaal van Grieks vertel, die oudste Westerse taal waarin feitlik al die bekende literere genres hul weergalose vorm en gestalte gekry het. Hoewel hierdie publikasie basies linguisties van aard is, poog die skrywer om die dramatis personae self ook aan die woord te stel in plaas van om net in taalkundige jargon te verval. Om 'n werk soos hierdie saam te stel, vereis kundigheid in verskeie vaksubgebiede wat begin by oer-Grieks in sy sillabiese lynskriffases A en B. Die Grieks van die Goue Era van Perikles se Athene (circa 500 v.C.) is die bekendste. Min mense besef egter dat Homeros bedrieglik pre-klassiek is. Die klassieke Griek kon sy twee groot eposse (die Ilias en die Odusseia) nie sonder meer vlot lees nie. Dit was hulle Chaucer en Shakespeare. Die Griekse NT is sekerlik die belangrikste dokument wat ooit in Grieks opgestel is, hoewel dit stilisties nie naastenby die beste is nie. Vir sy bespreking van veral die semantiek van Moderne Grieks gebruik die skrywer hier vir die eerste keer dr. Philip Nicolaides se uitvoerige Grieks-Afrikaanse Woordeboek van 843 foliogrootte bladsye. Dis teen die middel van die vorige eeu opgestel, maar is nooit gepubliseer nie. Gerrit Kruger besit vandag die enigste (oorspronklike) kopie daarvan.
Descripción Física:1 online resource (492 pages)
ISBN:9781928357308